Admin, vir mense wat nie tyd het vir admin nie

Jou admin gesorteer.
Jou tyd weer jou eie.

Nie 'n agentskap nie. Nie net nog 'n app nie. Net een persoon wat jou admin organiseer, jou rekords in orde hou en jou help om in beheer te bly — sodat jy kan fokus op die rede waarom jy begin het.

BANK RECONSSAGEXEROZOHO BOOKSCIPCBENEFICIAL OWNERSHIPDATA CAPTURINGLÊERSPAIAGOOGLE DRIVEEXCEL STELSELSWEBWERWE BANK RECONSSAGEXEROZOHO BOOKSCIPCBENEFICIAL OWNERSHIPDATA CAPTURINGLÊERSPAIAGOOGLE DRIVEEXCEL STELSELSWEBWERWE
"Ek het my werk gelos sonder 'n perfekte plan — net 'n stille wete dat ek nie nog 'n jaar 8-tot-4 in 'n kantoor wil sit nie. Daar was nie 'n padkaart nie — net die besluit om te begin beweeg. Ek is nie 'n boekhouer met 'n graad nie. Ek is die persoon wat dit net love om 'n deurmekaar stel boeke in 'n netjiese, gesorteerde stelsel te verander." — Stigter, Simply Sorted
Oor Simply Sorted

Nie 'n boekhouer nie. Jou admin-vennoot.

Ek werk met mense wat nie 'n voltydse admin-pos kan bekostig nie. Nie elke besigheid het nóg 'n personeellid nodig nie — soms het jy net iemand nodig wat dit eenvoudig en reg vir jou hanteer.

Data capturing en maand-einde recons is my ding. Ek werk in Sage en Xero, en brei nou uit na Zoho Books. Ek vat die CIPC-werk wat jy uitstel en sorteer jou lêers sodat jy enigiets binne sekondes kry. En of jy nou 'n maand, drie maande of drie jaar agter is — ek help jou inhaal, sonder oordeel.

Die boek staan oop

Wat ek tans hanteer

Elke item hieronder is iets wat van jou bord af kan kom — vandag nog.

01

Data capturing & bank recons

Elke transaksie akkuraat vasgelê in Sage, Xero of Zoho Books — en jou bank versoen en op datum gehou, sonder dat jy 'n vinger hoef te lig.

Lopend
02

Lêers & dokument-organisering

Jou Google Drive, van chaos na 'n stelsel waar jy enigiets binne sekondes kry — en nooit weer soek vir iets wat jy weet is êrens nie.

Lopend
03

CIPC — Beneficial Ownership & Annual Returns

Die compliance admin wat maklik agterweë bly totdat dit 'n krisis word. Ek hou dit op datum, betyds, elke jaar — jy hoef nooit weer te wonder of jou besigheid in orde is nie.

Lopend
04

Agterstallige boeke? Ek haal jou in

Een maand, drie maande of drie jaar agter — dit maak nie saak nie. Ek werk deur die agterstand, sonder oordeel, totdat jy weer heeltemal op datum is.

Lopend
05

PAIA Annual Reports

'n Vereiste wat min klein besighede ken, en nog minder indien. Ek help daarmee — voor dit 'n boete word.

Lopend
06

Excel-stelsels, gebou vir jóú bedryf

Jou besigheid het 'n stelsel nodig — nie nog 'n spreadsheet nie. Ek bou vir jou 'n Excel-stelsel op maat wat spesifiek vir jóú bedryf werk. Jy tik in, dit bestuur. Een oogopslag en jy weet presies waar jou besigheid staan.

Lopend
07

Webwerwe vir klein besighede

'n Professionele, unieke webwerf wat jou besigheid verteenwoordig — ontwerp en gebou deur iemand wat jou besigheid eers verstaan voor sy begin tik. Hierdie webwerf is bewys van die werk.

Lopend
Vir wie werk ek

Vir die besighede wat te besig is om besig te wees met admin

Groot of klein, formeel of informeel — as jy 'n besigheid bestuur en admin is jou laaste prioriteit, is ons 'n goeie pas.

Ambag & Motor
  • Elektrisiëns
  • Loodgieters
  • Handymen
  • Garages
  • Diesel Bedryf
Kos & Gasvryheid
  • Koffie Shops
  • Bakkery
  • Gastehuise
Professionele Dienste
  • Rekenmeesters
  • Belastingpraktisyns
  • Eiendomsagente
Toerisme & Reis
  • Travel Agents
  • Game Lodges
Gesondheid & Welstand
  • Life Coaches
  • Fisioterapeute
  • Skoonheidsalone
Kreatief
  • Fotografe
  • Kunstenaars
Onderwys & Sport
  • Tutors
  • Sport Afrigters
Landbou
  • Boere
Hoe dit werk

Drie stappe. Dan is jou admin nie meer jou probleem nie.

Geen kontrakte van 'n jaar. Geen verrassings. Net 'n duidelike begin.

01

Ons gesels

Gratis kennismaking. Jy vertel my waar dit vashaak — die bankstate wat opstapel, die CIPC-brief wat jy wegsteek. Ek luister, en sê eerlik of ek kan help.

02

Ons maak dit amptelik

Jy kry 'n kwotasie én 'n vertroulikheidsooreenkoms — geteken voordat ek een syfer sien. Dan nooi jy my as gebruiker in jou eie stelsels. Ek vra nooit jou wagwoord nie.

03

Ek sorteer dit

Ek werk in jou stelsels, jy sien presies wat gebeur. Jy kry jou boeke reg — en jou aande terug. Job klaar? My toegang word onttrek.

Geen aansluitingsfooi · Geen langtermynkontrak · Kanselleer met 'n maand se kennisgewing

Jou inligting is veilig

Ek werk met jou bankstate.
Ek neem dit nie ligtelik op nie.

Ek werk op afstand. Dit beteken vertroue moet verdien word — nie aangeneem nie. Hier is presies hoe.

✓ 01

Jou data bly in JOU stelsels

Jou Xero, jou Sage, jou Zoho Books, jou Google Drive. Jy nooi my as gebruiker — ek trek niks na my rekenaar toe nie. Jy sien presies wat ek doen.

✓ 02

Geregistreerde Information Officer

Simply Sorted is by die Information Regulator van Suid-Afrika geregistreer, met 'n volledige PAIA Manual. Baie min klein besighede kan dit sê.

✓ 03

Ooreenkoms geteken voor ons begin

'n Vertroulikheidsooreenkoms onder POPIA — elke kliënt, elke keer. Nie 'n ekstra nie. 'n Voorwaarde.

✓ 04

Nooit gedeelde logins nie

Ek vra nooit jou wagwoord of jou banklogin nie. Ek kry my eie toegang, met my eie tweefaktor-verifikasie. Jy kan dit enige oomblik onttrek.

✓ 05

Job klaar? Toegang onttrek.

Aan die einde van 'n opdrag kry jy alles terug, tydelike kopieë word uitgevee, en my toegang word gesluit. Jy kry dit skriftelik as jy vra.

✓ 06

Geen tracking. Geen cookies.

Hierdie webwerf het geen analytics, geen advertensies en geen derdeparty-skrifte nie. Ek weet nie wie jy is nie — tensy jy self die vorm invul.

Vrae

Wat mense my gewoonlik eerste vra

Nee. Nooit nie. Jy nooi my as 'n gebruiker in jou stelsel — ek skep my eie login met my eie tweefaktor-verifikasie. So sien jy presies wat ek doen, en jy kan my toegang enige oomblik onttrek. Jou banklogin vra ek ook nooit nie: jy laai self jou state af in die gedeelde lêer.

Elke besigheid se admin lyk anders, daarom werk ek nie met vaste pakkette nie. Vertel my wat jy nodig het, dan kyk ek na jou goed en gee jou 'n kwotasie wat pas by die werk — geen verrassings nie. Of dit nou lopende maandelikse hulp of 'n eenmalige projek is, jy weet vooraf presies wat dit kos.

Xero, Sage en Zoho Books — plus Google Drive vir lêerorganisasie en die CIPC-portaal vir indienings. Gebruik jy nog niks nie? Dan help ek jou kies en stel dit op. Jy is nooit vasgevang by my nie — dis jou rekening, jou data.

Nee. Ek het al erger gesien — en eerlik, 'n gemors is presies hoekom mense my bel. Jy het 'n besigheid begin omdat jy goed is met jou werk, nie omdat jy van bankrekonsiliasies hou nie. Ons begin waar jy is, nie waar jy dink jy moet wees nie.

Nee — en dis belangrik dat jy dit weet. Ek doen die admin: bankrekons, data-invoer, lêers, CIPC-indienings. Ek teken nie finansiële state nie en gee nie belastingadvies nie. Trouens, ek werk gereeld sáám met rekenmeesters — hulle kry skoon boeke by my, en jy betaal hulle minder ure.

Elke besigheid in Suid-Afrika — ook 'n eenmansaak — moet een keer per jaar vir die Information Regulator rapporteer hoeveel versoeke om inligting sy ontvang het. Die meeste klein besighede kry nul. Maar jy moet stééds die verslag indien: 'n sogenaamde nil return. Die verslagperiode loop van 1 April tot 31 Maart, en word deur die Regulator se eServices-portaal ingedien. Doen jy dit nie, is jy in oortreding van PAIA — en die meeste besigheidseienaars weet nie eens daarvan nie. Ek doen dit self, elke jaar, vir meer as een organisasie.

Gewoonlik binne 'n week. Die kennismaking is gratis en vat omtrent 'n halfuur. Daarna stuur ek 'n kwotasie en die ooreenkoms; sodra dit geteken is en jy my toegang gegee het, begin ek. Is dit dringend — 'n CIPC-sperdatum, byvoorbeeld — sê so, dan skuif ek dit vorentoe.

Kom ons sorteer dit uit

Gooi jou admin in die mandjie.
Ek sorteer dit.

Vul die vorm in — hoe meer jy my vertel, hoe beter kan ek jou help van die eerste dag af.

Jy sal gou van my hoor — ek sien uit daarna om met jou te gesels.

Voorstelle vir hierdie kliënt: